Braaf wees.

bangsmall

Moet myself al vroeg more sielkundig begin voorberei vir die ontmoeting met my aardsvyand later vanmiddag … afspraak met Die Tandarts.

Saterdag skapies.

swrt skapies small

 

Saterdae is vir swart skapies. Dis vir sondig en seerkry waag voor skemer. Almal anders sien uit na saam hul sosiale sirkel se skapies stout wees tot sonop. Maar op Maandae maak-maak ons of ons mak is, en die sonde bok skoon nie sien nie. Skapies steur hul darem nie sommer aan sulke snert nie.

The fear of the blank page.

fynwyn.01

“Soos fyn wyn in ‘n bladsy bad sy” – Breyten Breytenbach (Ek dink… ek gaan moet check, Google weet ook nie.)

It’s the scariest night of the year and everyone’s getting silly with spandex, make-up, ketchup, bells and whistles. In honour of the horror holiday I decided to write about a monster I believe is rampant in the creative community. The fear of the blank page…

Some days on my way home from work my mind wanders and I think of so many things I wanna draw. I get so excited by the time I get to the sketchpad I’ve started salivating. Then I choose a weapon, be it pencil or pen, I open the book, I lower my wrist, and then something inexplicable happens… I freeze up with fear. Suddenly I’m crippled by the sheer emptiness of the space before me. So I check my phone, or light a cigarette and channel flip, you know just to normalise. A cup of coffee later, I’m stuck hovering the pen just above the surface of the paper. This can go on for hours. Sometimes I even get my dishes done in between! But eventually I smudge chocolate in a corner or I nod off and a I awake a minute later to find a mysterious squiggle in a random place. And like magic the curse is lifted! The secret to beating the blank page is simply being brave and making your mark. And if you fuck the page up anyway, paste a pretty picture over it or use it to line the budgie cage.

Take care tonight, avoid people dressed as sexy cats, light a candle so the dead don’t get lost, and remember, it’s all in your head.

In my oom se agterplaas was daar ‘n hond…

dinge.sml

“Dis die goed wat ons voer wat ons wil opvreet.” – Die tannie by die posbus.

Ek het nog altyd Nataniël se stories en humor geniet. Omdat dit Maandag is dink ek dis gepas dat ons almal bietjie lag en ‘n paar wyse woorde hoor terwyl die hele donnerse werk week ons terug staar. Byt vas, trek aan asof jy deel is van ‘n proef, en vergeet van jou pos vir vandag.

 

*ek sien die video mag nie hier speel nie, so kyk maar die storie op YouTube. (It’s worth it!)

Slaap om miskien te droom.

slaap.sml

 

Die lirieke vir vandag se skets is deur Francois van Coke opgevoer in ‘n teater stuk wat ‘n hele paar jaar gelede by Aardklop gewys het.

Ek het dieselfde droom nou al seker vir so sewe jaar. Ek droom ek sit vas in ‘n publieke badkamer. Partykeer is dit moerse lanie badkamers, partykeer is dit meer soos ‘n ablusie blok, en ander kere voel dit so gevaarlik en vuil soos ‘n tronk toilet. Ek wandel altyd rond opsoek na die uitgang en raak verdwaal tussen gange stalletjies en wasbakke. Ek het nie ‘n abnormale vrees vir publieke badkamers nie, en ek tinkle voor ek gaan slaap. Fok alleen weet hoekom my brein ‘n portal na elke badkamer op aarde is… maar dit verduidelik darem baie van wat uit my mond uit kom…

Vir almal.

_1probeer.sml

 

Ek het gister met ‘n moerse skok besef dis volgende week al Oppikoppi! Ek is van nature ‘n benoude mensie wat bang is vir skare, harde geluide en nie graag drink nie, so Koppi is vir my maar stressvol. Tog het ek elke jaar die tyd van my lewe, en ek probeer myself net daarvan herinder. Want dis tog die lekker ding van Koppi, dis vir ALMAL. Dit maak nie saak of jy drink, rook, draf of dans nie, dis altyd ‘n jol! Of jou skoonpa skuins agter jou kamp en of jou ex sy nuwe girl bring, glo my, daar’s oor genoeg om jou besig te hou! Ek wil bietjie Koppi stories hoor, comment en hou my uit my werk uit, toe?

 

 

Maak die individu nou dood of verdwyn saam met my
Want ek sien min van ons wat hier bly lewe”